About hope and joy

What does hope look like? I am not sure, but I think I see her coming, and she is holding Joy’s hand.

Lock down time is gifting time. This past weekend we have received many presents from our different neighbours. From handmade chocolate ice cream to wine and fresh herbs, and even a Rooibos bar of soap. It’s nobody’s birthday. It’s just gifts, for hope. And playing among the gifts, are Elizabeth Kűbler-Ross’ five phases of grief. For what was and what is yet to come. Like a circle dance. Denial to acceptance. The end and the beginning.

I have recently read an inspiring article on hope. After the Covid-19 pandemic struck, the team at fineacts.co contacted 50 artists from 20 countries and asked them to create images that personified the theme of hope. Their reason: “Today, more than anything, humanity needs hope. And art is hope”.  Their question to inspire artists was: “What does hope look like?” This question made me realise that hope has many sides to it. It may be a feeling, or a sense of togetherness. It may look like something which reminds us of a hopeful time in our lives. It may be a longing for something we do not have now. It may even just be a thought, waiting to be constructed.

I think times are strange at the moment, but we will all find hope again, if we realise that joy is in the small things around us. Like the smell of a recently lit candle. And the warm-water bottle in our cold beds. Or the last autumn colours on the trees and the almost sweet taste of hot coco in our throats. I don’t think hope is in our material belongings, I think it lies in joy and gratitude for what we have, so that we can share with others.

So look, can you see her? Joy is coming and she’s holding Hope’s hand!

©Liesl [LiLiBeth]

Oor ‘n feetjie

Ek dink ek ken ‘n feetjie. Sy is vier jaar oud. Haar hare dra ‘n skynsel van rooi en sy hou van pienk netrokkies wat sy graag aantrek saam met ‘n groen truitjie. Donkerpienk reënskoene met reënboë op die randjies maak die prentjie klaar. Sy dra dit sonder kouse in droë of nat weer.  Ek sou haar graag beter wou leer ken, maar  sy wou nog nooit met my praat nie. Ek dink sy is ‘n ‘undercover’ feetjie en dalk dink sy ek gaan uitvind wie sy regtig is. Haar ma vertel my dat sy heel grenadellas plant en dit getrou water gee sodat haar droom oor ‘n majestieuse grenadella plant wat armsvol soet pers vrugte sal oplewer, kan waar word.

Sy hou van buite wees. Net nou die dag sien ek haar op die swaai. Haar hare waai soos Rooikappie se mantel agter haar aan. Sy neurie ‘n liedjie maar ek kan nie hoor wat dit is nie. Ek dink dit was dalk ‘Twinkle twinkle little star’. Of miskien ‘We all stand together’, saam met die paddakoor wat wegkruip onder die waterlelieblare van die dammetjie waaroor sy swaai. Haar naam is Katinka en dit beteken suiwer (‘pure’). Dit pas by haar want sy is wie sy is. Geen onsuiwerhede in die vorm van idees oor hoe sy dink mense dink sy moet wees nie. Geen aangeplakte vriendelikheid nie. “Vat my soos ek is”, sê haar wipneusie met die paar skewe sproeitjies daaroor. En terwyl ék neurie wat ek dink sy sing, bid ek vir haar. Dat haar feetjiepad die meeste van die tyd gelyk sal wees, dat sy ook as sy groot is sal tyd maak vir stilsit onder haar droom-grenadellabos en dat sy sal saamsing as die paddakoor haar vra. Ek bid dat sy altyd so vry sal wees van pretensie soos nou, en dat sy, ook as sy hartseer is, haar kop sal agtertoe gooi van lekkerte terwyl sy swaai. Dat haar veelkleurige skoene en feetjierok net ‘n armlengte ver sal wees en dat sy nooit sal bangwees oor wat mense sal sê as sy rooi en pienk en groen en pers saam aantrek nie. Ek bid ook dat sy lief sal wees vir ander en dat sy miskien eendag vir my sal kom kuier.

Ek gee vir haar ma ‘n pakkie kappertjie saad. “Plant dit saam met Katinka”, sê ek. “Sodat sy kappertjieblomme in haar slaai kan eet en kan leer dat dit help om die blare te kou as haar keeltjie seer is.”

Ek ken ‘n feetjie. Sy is vier jaar oud en haar naam is Katinka. Ek haal vir haar ‘n spesiale pienk koppie met ‘n goue randjie, amper soos die stewels wat sy aanhet, uit die kas. Ons drink net gou tiemie tee voordat ek vir haar die padda gaan wys. Hy bly net hier agter in my tuin onder die geel pampoenblomme. Hy’t gevra wanneer sy kom. Ek dink hy’s ‘n prins en daarom het ek voor sy gekom het solank die prinses kroon met die wit pêreltjies uit die kas gehaal.

©LiLiBeth