Oor deernis

Deernis kan nooit presies in woorde beskryf word nie. Ons moet dit voel.

Na ‘n groot en lewensveranderende operasie in November 2022, het ek soveel deernis en omgee van ander ervaar. Mense wat ek elke dag sien, mense wat ver bly. Mense wat ek lank terug geken het. Mense wat ek goed ken. Oproepe, boodskappe, klein geskenkies. Een sin boodskappies. ‘n Mooi foto. ‘n Bybelvers. ‘n Hand vashou. ‘n Sagte drukkie.

Ek dink in Afrikaans het ons meer woorde nodig om regtig die een Engelse woord, ‘kindness’, te beskryf. ‘Kindness’ is so allesomvattend en vol. Ruimhartig. Goedhartig. Goed. Vriendelik. Ek kies om die woord deernis te gebruik, wat eerder met ‘compassion’ in Engels vertaal word. Miskien het die woord ‘kindness’ meer diepte. Amper soos ‘n sin van verantwoordelikheid teenoor mense en die wêreld. ‘n Diep omgee vir ander, sonder selfsugtige deernis. ‘n Sagte oë kyk.

Deernis is intensioneel. ‘n Glimlag teenoor ‘n vreemdeling. ‘n Botteltjie koue water vir die karwag. Stilsit saam met jou troeteldiere. ‘n Bossie handgeplukte blomme vir ‘n vriendin. ‘n Telefoonoproep. ‘n Handgeskrewe briefie.

LiLiBeth se slagspreuk is nie verniet ‘Kindness through paper’ nie. Ons hoop om deur ons skryfbehoeftes, kort stories en illustrasies goedhartigheid, vriendelikheid, goedheid, deernis en bemoediging te versprei aan wie dit ookal nodig het.

Mag jy hierdie jaar voel dat ons omgee vir jou.

Liefde

LiLiBeth

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *