Hierdie ‘Kindness Pollen’ word opgedra aan elke vrou wat voorheen gediagnoseer is met borskanker en wat daardeur geleer het dat die lewe aangaan en dat sy nooit hoef op te hou om te droom nie. ‘n Jaar gelede is ek met borskanker gediagnoseer en ek is so dankbaar dat die hele proses van gesond word my geleer het om met oorgawe te leef.
Is reis nie fantastiese
terapie nie! As jy kon reis na ‘n ander land, watter land sou jy kies?
Ek wou nog
altyd Frankryk toe gaan, en hoe gelukkig was ons nie toe ons seun verloof raak
aan ‘n Franse meisie en die troue toe vroeër hierdie maand in Frankryk gebeur
het nie. Ons kon soveel sien, hoor, ruik en beleef. Wat ‘n voorreg.
Ons het
aangeland in die stad Lyon en van daar af gereis na die Franse platteland in
die suide van Frankryk. Die een dorpie was mooier as die ander, met nou
klipstraatjies, blou hortjies en heiningtjies en blombakke vol blomme oral waar
jy kyk. Daar was indrukwekkende katedrale, markies met lieflike tamaties,
radyse, blomme, kaas en croissants. Ook koffie soos die Franse dit drink, min,
swart en bitter en saam met dit, laventel gegeurde Créme Brûlée of Nougat. In
‘n klein boekwinkeltjie het ek ‘n hand-geilustreerde boekie gekoop, Mini-Flore
du Jardinier Promeneur, wat vertaal as ‘Mini Flora of the walking gardener’.
Die boekie moedig mens aan om ‘n naam te gee vir al die plante wat jy rondom
jou sien as jy gaan stap. Hierdie mooiste Franse taal het rondom ons gedans en
die kultuur het my hart gesteel.
Dit lyk nie
of enige-iemand daar haastig is of jaag nie. Ons gasvrou sê haar ma het haar
geleer dat: “tomorrow is another day” en ons nuwe skoondogter sê gereeld:
“we’ll just go with the flow …” Party
dorpies met al die winkeltjies daarin is toe op ‘n Maandag sodat almal kan rus
van toeriste. Elke aand so teen half sewe kom almal tot stillstand vir apéro –
‘n glasie wyn en ietsie om te eet wat wissel tussen radyse, sout koekies,
olywe, of dalk klein blokkies kaas. Daarna begin kosmaak eers. Ons eet saam om
‘n tafel en dan eet ons weer kaas en drink koffie na ete.
Die modes is
stylvol en die vroue pragtig met skraal heupe en meestal donker hare. Detail
soos ‘n mooi kragie, ‘n pofmou, ‘n sonbril en helderkleurige skoene met ‘n
strik is oral te sien. Franse ‘couture’ noem hulle dit.
Hulle sê:
“The goal is to die with memories not dreams”. Ek dink ‘n stukkie van my hart
het in Frankryk agtergebly net sodat ek kan onthou om terug te gaan vir nog
nuwe herinneringe.
In Frans sê hulle C’est bon. Dit is goed! En dit was goed …
Liefdegroete
LiLiBeth