Oor musiek

‘n Liedjie vertel gewoonlik ‘n storie en wanneer dit gesing of gespeel word, vul dit elke nou-oomblik met klanke, terwyl dit ook hoop om iemand te inspireer wat daarna sal luister, so asof musiek vorentoe leun in afwagting, sê die digter en skrywer John Berger. Musiek het dus die vermoë om in die verlede, die hede, en die toekoms ‘n verskil te maak in mense se lewens.

Ek loop nou die dag laatmiddag in by ‘n winkel vir ‘n paar kosbenodighede. Dis koud en nat buite, maar voor die winkel staan ‘n vriendelike jong man. Hy speel sagte strelende klanke op sy kitaar vir almal om te hoor. Daar is wel ‘n oop kitaarboks vir enige-een se dankie sê sente, maar dit lyk nie of dit sy hooffokus is nie. Terwyl hy speel gesels hy vriendelik met ‘n bejaarde tannie en oom en ek kon sien hulle vra hom uit oor sy liefde vir musiek. Almal wat verbyloop glimlag, die musiek is mooi.

Dit is so dat ons meestal moet werk vir inkomste, maar, ons het terselfdertyd ook die vermoë om iemand met deernis aan te raak deur ons werk. Die hele ervaring voor die winkel het my ook laat wonder hoe ek ‘n sagtheid kan oordra aan ander wat nie noodwendig direk met my te doen het nie. Met ander woorde, ‘n ‘kindness’ wat versprei so mooi musiek.

Miskien kan musiek ons help om brûe te bou tussen mense, so versprei deernis dan deur middel van note, rusposes en ritmes.

Hoe klink jou deernis liedjie?

Liefdegroete

LiLiBeth