Oor emosionele gesondheid

‘n Nuwe jaar, met nuwe doelwitte, en verantwoordelikhede. Jy dink jy is ‘n nuwe jy na al die rus, maar kort voor lank voel al jou take weer te veel en uit hand uit. Emosionele gesondheid is reeds hierdie jaar een van jou voornemens maar die  buite beheer gevoel wat al klaar aan jou deur klop beteken niks goed vir jou beplande goeie emosionele gesondheid nie.

Navorsing het bewys dat wanneer ons ons doelwitte neerskryf , die kanse aansienlik beter is dat ons dit sal bereik. Maar die teenoorgestelde is ook waar, soms het ons nodig om onsself te herinner aan wat nie belangrik is nie. Moet ek regtig nou daardie telefoonoproep maak, inkopies doen of e-pos antwoord of is dit dalk beter dat ek dit môre doen sodat ek vandag kan aandag gee aan beplanning vir my volgende groot projek? Om ons lewens te organiseer is belangrik maar so-ook om bewus te wees van ons emosionele toestand en wat ons in die oomblik van ‘nou’ nodig het.

Kol-joernaal hou, algemeen bekend as ‘bullet journaling’ is reeds ‘n bekende konsep.  Dit is volgens Ryder Carrol, die vader van kol joernaal hou, ‘n wonderlike eenvoudige manier om tred te hou van die verlede, hede en om te beplan vir die toekoms. Maar kol joernaal hou het buiten om te help met lewensorganisering, ook ‘n ander positiewe effek. Dit hou ons emosioneel gesond.  Emosionele gesondheid word dikwels afgeskeep wanneer ons besig raak en nie weet waarom ons so geiriteerd voel nie. Dit is dan dat kol-joernaal hou kan help in die vorm van die aanteken van gewoontes en gevoelens (goeies en slegtes), sodat ons kan sien wat ons anders wil doen.

Daarom, vir die volgende paar maande wil ons jou leer hoe om tred te hou van jou emosionele gesondheid,  alles in jou LiLiBeth joernaal.

MAAR, jy moet eers ‘n LiLiBeth joernaal hê! Bestel jou joernaal nou by LiLiBeth@thymeevents.co.za @ R350 per joernaal posgeld uitgesluit, en ontvang ook ‘n gratis inspirasieblad daarmeesaam.

Die joernaal is nie gekoppel aan ‘n jaartal nie, spesiaal sodat jy in enige maand daarmee kan begin. Joernale is beskikbaar in Engels en Afrikaans.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *